What is propolis?

Bees gather gum and resins from trees and mix them with their own exudates such as saliva, pollen, wax and digestive enzymes to form propolis; a dark, resinous gum with a strong anti-septic smell. It is not soluble in water and only dissolves in pure alcohol. In cold weather it is very hard but it becomes sticky when heated. Bees use propolis as ‘cement’ in the hive environment, as well as keep the insides of their hives sterile and keep themselves free from diseases. Propolis is rich in vitamins, bioflavonoids, enzymes and trace elements.
The main chemical classes found in propolis are flavonoids, phenolics and terpenes. The flavonoids include quercetin, apegenin, galangin, kaempferol, luteolin, pinocembrin, pinostrobin and pinobanksin. Galangin is one of the most effective antibiotics we have, and it is a natural substance! The phenolic ester (caffeic acid phenethyl ester or CAPE) present in propolis is receiving much attention by medical researchers because of its potential for the treatment of a number of disorders, including spinal cord injury as well as immunomodulatory, anticarcinogenic, anti-inflammatory and antiviral activities.
Propolis also has anaesthetizing properties and instantly stops the pain from a bee sting. It has a powerful anti-inflammatory action and may be helpful for arthritic conditions. This is due to caffeic acid phenethyl ester ( CAPE) that inhibits the lipoxygenase pathway of arachidonic acid, that causes inflammation.

What can bee propolis be used for?

Topical treatment: Medical studies have shown that topical application of propolis in tinctures or ointments helps against genital herpes, cold sores, dental caries, periodontal disease, and rheumatoid arthritis, eczemas, scars, psoriasis and fungal infections like ringworm and athlete’s foot. The tincture applied to beestings gives instant pain relief and reduction of swelling. Propolis remedies are also good for ear ache or infections of the outer ear. Propolis preparations can be applied to cuts, scratches and surgical wounds. Propolis tincture made from alcohol can be used directly for bee stings, or diluted with a little water or hand lotion for other applications.

Taking propolis for health and vitality: Several studies suggest that propolis taken as a tincture or in tablet form is useful in treating the common cold, influenza, microbes, parasites, stomach ulcers and respiratory problems.

Respiratory complaints: Very effective if taken as a tincture for: colds, influenza, catarrh, rhinitis, sinusitis, laryngitis and sore throats. Doctors can support therapy for: asthma, chronic pneumonia and tuberculosis with propolis.
Stomach and digestive disorders: Stomach ulcers from helicobacter pylori infections. Effective in large, frequent doses for gastritis, dysentery, diarrhoea, and leaky gut syndrome caused by parasites, worm and fluke infestations.

Dosage guidelines

Take 2 – 5 drops in 50ml warm water, or ½ teaspoon of honey twice a day is the average serving for adults as a health supplement. For more effective treatment take 5 – 10 drops of propolis tincture 3x a day. Make your own propolis honey by placing 100ml of honey in a jar and stir in the tincture you need: 5ml(1 teaspoon) of tincture = 100 drops: this will mean 1 drop in each 1ml of honey. Thus a teaspoon of honey will contain 5 drops of tincture. Take the honey as is, or add it to rooibos tea or warm water, so that the alcohol is removed.

Note: Dosage guidelines do not constitute medical advice and professional  medical opinion should be obtained for any illness. All information in this post was obtained from the world wide web.

Slabber Apiculture propolis tincture in a 30ml dropper bottle, is manufactured from fresh bee propolis and 90% medicinal alcohol (ethanol). The tincture is prepared with a 40g propolis to 70ml alcohol ratio, to ensure a high quality product.


Share
Posted in beekeeping | Leave a comment

Besige Bye Video

Just for fun, a short video showing the entrance to one of my hives during a busy foraging session. For those of you that long for the sound of a busy swarm. Enjoy!

Share
Posted in beekeeping | Leave a comment

Hoe begin ek bye aanhou?

Met die tyd saam het ek al baie navrae gekry oor hoe mens begin bye aanhou. Elke keer skryf ek maar dieselfde epos met wat ek dink belangrik is en het nou besluit om dit hier mooi saam te vat.

is jou korf se staanplek geskik?

  • Wat is die wette rondom bye in woongebiede aanhou? Vind uit by jou munisipaliteit. Praat ook eers met die bure veral as hulle kinders het wat allergies is vir bysteek, sonde met die bure is nie aangenaam nie. Indien jy op ′n kleinhoewe woon of gelukkig is om op ′n plaas te bly, is hierdie nie van toepassing nie.
  • Is daar genoeg kos vir die bye in die area? Stap  ′n bietjie rond in die area. Kyk uit vir bye-vriendelike bome en tuine. ( Sien bye plante hier onder ) Onthou bye gaan nie net op jou grond kos soek nie … hulle steur hulle maar min aan heinings. Neem ook in ag dat hoe korter die afstand na goeie bronne van nektar is, hoe meer van daardie nektar heuning kan word.
  • Bye hou ook van water snaaks genoeg! Op warm dae dra hulle water aan om die voginhoud van die nes op die regte vlak te hou. Bye gebruik ook water om heuning weer bruikbaar te maak( te verdun ) wanneer die kos daar buite min raak. Sorg dat daar water naby is.
  • In die warm plekke van ons land moet die byekorf in skadu staan in die somer – veral gedurende die middaguur. In die winter kan jy die korf na ′n sonnige plek skuif.
  • Word daar enige landerye of boorde met gifstowwe gespuit naby? Indien mens bye wil aanhou, moet alles op ′n meer omgewings vriendelik manier bestuur word.
  • Plaas die korwe uit die pad van alledaagse bedrywighede en waar diere ( honde, perde, koeie) en kinders nie onwetend met hulle sal lôl nie. ′n Goeie plek is gewoonlik op die dak. Maar wees bewus van tuindienste. Die mengsel van ′n dreunende grassnyer, sweet reuk en vars gesnyde gras is dodelik. Bye hou glad nie daarvan dat die vlugroete voor die korf vol beweging is nie, en dis die vinnigste wat jy hulle gaan omkrap.
  • Alhoewel jy jou korf/korwe uit die pad wil hê moet hulle ook nie heeltemal alleen en verlate staan nie, veral in gebiede buite stede en dorpe. Korwe word sommer opgelaai en weggedra in die middel van die nag. En ′n korf wat omgegooi en oopgekap is sodat ′n bietjie heuning geëet kan word, maak ′n byeboer se hart baie seer.
  • Dis nie net nare boewe wat jou korwe kan verniel nie, die wind kan hulle van die dak afwaai, harige bobbejane en ratels kan ook ′n probleem wees. Maak seker daai korf staan vas en is hoog van die grond af. (kan dit selfs net op n palet staan?) Dit help met temperatuur insolasie en die ‘ander’ hymenopteras, dis nou miere, wat ook ′n probleem kan wees. Sit die korf ten minste op ′n ou buiteband of smeer die staanrak se pote met ou motorolie.
  • Maak seker dat die korf nie met die opening na jou huis toe wys nie. Indien dit naby aan jou huis staan, op ′n warm aand, met die ligte aan, gaan jy baie bye besoekers hê wat kom inloer.

waar kry ek my eerste bye?

Seker die maklikste manier om bye te begin aanhou is om ′n swerm reeds in ′n korf te koop. Daar is gewoonlik byeboere wat adverteer op die byeboer epos lys. ′n Paar mense wat my al gekontak het, het ′n swerm in ′n boom of in die dak of so, en wil graag die swerm verskuif na ′n mensgemaakte korf …  ( hulle ogies glimmer al met die potte goue heuning ) Hier stel ek voor dat jy ′n ervare byeboer kry om jou te help met die oorplanting – dink ope hart-oorplanting ens.

Die manier wat baie geduld gaan verg is om eers met ′n kleiner vangkas te begin en dan verbygaande trekswerms nader te lok. “Vangkas” is miskien ′n misleidende term, want mens vang nie as sodanig ′n trekswerm nie, dis meer ′n storie van hulle oortuig dat die “vangkas” ′n goeie tuiste gaan maak. (Amper soos vrou kry? )

Daar is ook tye van die jaar wat meer gunstig is om trekswerms nader lok – aan die begin van lente is die beste. Swerms kan tot 3 keer ′n jaar verdeel, ongeveer helfte bly agter in die ou korf en helfte gaan met die koningin soek vir ′n nuwe tuiste. Dit is hoe swerms voortplant.

Daar is verskillende manier om trekswerms nader te lok na ′n vangkas toe. Jy kan spesiale ‘aantrek’ middels koop, tuisgemaakte resepte probeer(anysolie,gebrande koerant) of propolis smeer.

Die beste is (maar) om ′n ou raam of twee by ′n byeboer te bedel. ′n Vangkas het gewoonlik 4 tot 6 rame in en is redelik liggewig. Dis ′n tydelike woning want as hulle eers gevestig is, word hulle dan oorgeplaas na hulle permanente tuiste. Maak die vangkas hoog en stewig in ′n mik van ′n boom vas. Onthou net dat jy heel moontlik met daai vangkas vol bye een-handig by ′n leer sal moet afsukkel op ′n dag. So moenie die vangkas op ′n rêrig ontoeganklike plek vasmaak nie. ′n kas vol bye is verbasend swaar.

toerusting

Jy gaan die volgende nodig hê;

  • ′n Wit oorpak, met kop gaas bedekking en wit gumboots ( waterstewels? ) Indien jy geld het koop ′n alles-in-een oorpak by my gunsteling oorpak vervaardiger, Ilse Roux by Enduro Workwear in George, Suid-Kaap. ( 076 306 5633 ) Sy sal dit vir jou pos. Koop wit melkery gumboots by die naaste agri ko-op. ′n Goeie oorpak gaan baie werd wees veral as jy ′n knorrige swerm op die verkeerde voet betrap. Dan is dit te laat om te wens al die gaatjies was toegemaak en die materiaal was net so bietjie dikker ens …
  • Roker om rook te maak. Doen jouself ′n guns en kry ′n vlekvrye staal model. Elke byeboer het sy eie gunsteling brandstof om rook mee te maak. Vir my het dennenaalde (beste en verniet) en ou karton eierhouers al goed gewerk.
  • Een Standaard “Hive Tool” – wat is die Afrikaans hiervoor? Jy kan seker ′n groot skroewedraaier gebruik, maar dit werk maar net nie so goed soos ′n hive tool nie. Dis ′n plat springstaal ‘ding’ wat gebruik word om deksels van byekorwe op te lig ( dis gewoonlik styf vas geplak met propolis ), rame los te maak en uit te lig en ook sommer om propolis ook af te skraap. Daar behoort ′n handleiding gepubliseer te word; “101 gebruike van ′n hive tool”
  • Jy kan leë korwe by my koop of by winkels koop wat byetoerusting verkoop. Jy kan ook jou eie maak indien jy geld wil spaar.  ′n Paar basiese houtwerk gereedskap stukke is al wat ′n mens nodig het. Die ‘blou boek’ waarvan ek later gaan praat het al die afmetings vir ′n standaard korf. Oja, en hou by die standaardafmetings sommer van die begin af … rame wat te lank, te kort of te dik is, gaan jou lelik laat praat.

plante vir bye-kos

bome : bloekoms ( meeste variëteite, party is beter as ander ), Bottlebrush, Forest Alder

tuin : laventel, ( sal nog hier by sit )

byeboer-gemeenskap

Die beste ding wat jy kan doen is om te leer by mense wat al die ding doen het. Dan kan jy self begin en jou hande vuil ( en gesteek ) te kry. Boekkennis is goed, maar toepassing en handewerk gaan jou baie leer. Praat met byeboere en vra vrae. ′n Handige ding is die byeboer epos lys waar mens nogal goeie inligting kan kry en kan luister wat die  swaargewigte te sê het. Moenie dat die woordelike onderonsies tussen die swaargewigte jou irriteer nie. Byeboere is baie …  hoe sal mens dit nou stel … individualisties, maar hulle harte is in die regte plek.

epos lyste: SA Apiculture en  Bees SA

verenigings: South African Bee Industry Association ( Nasionale Liggaam )

boeke

Daar is net een boek wat jy nodig het om mee te begin, en dis die sogenaamde ‘blou boek’. Alles wat jy wil weet is daarin. OK ek oordryf nou, maar dis ′n baie goeie begin. Dit sal jou verbaas om te hoor dat dit ′n goewerment geskrewe is. Die amptelike naam is : Beekeeping in South Africa, 3rd Edition, Revised deur M.F. Johannsmeier en dis beskikbaar van ARC-Plant Protection Research Institute in Pretoria teen ′n belaglike goedkoop van R200. Daar is ′n aanlyn winkel ook sien ek.

Ek is seker ek het goed vergeet en sal bysit indien goed my byval. Ek het ook planne om nog te skryf oor plante vir bye, toerusting en allerlei by verwante onderwerpe. Lekker met die bye boer!

n.s. Dankie aan Marinda Louw vir proeflesing.

© 2011 Slabber Apiculture
Share
Posted in beekeeping | Leave a comment

Afrikara Farm Produce

When I started selling honey at the organic farmer’s market in Stellenbosch I made a lot new friends. It was very sociable and, although there were only a few stallholders, most of them produced/grew what they were selling…. as I always imagined these markets were like ( in the days of my innocence ).

One person whom I got to know and gained lots of respect for is Aletta Venter, one of the founding members and driving force behind Afrikara Biodynamic Farming Co-op. A new(old?) concept in providing high quality food and food security to its members. The food co-operative is based near Wolseley and they produce high quality milk, cream, butter, feta, yoghurt, mutton and eggs. Waterblommetjies are available in season.

They sell there produce at the Stellenbosch organic farmer’s market every Saturday from 9am onwards.(  Hosted at Spier – Waldorf School. ) Be early though, you don’t want to miss out on the milk –  it has the cream layer on top.

Share
Posted in farming | Leave a comment

Beeswax Candles

Today, after many “experiments”, my first successful beeswax candle was lit. Its a solid, cast candle and not the normal rolled foundation type popular at markets. The trick has been the square-braided wick from far away. Its also interesting to note that beeswax from different origins have different melting points and viscosity – to be confirmed.

beeswax candle beta

Share
Posted in beekeeping | Leave a comment

International Biodiversity Day

Today is that day. Very little reporting on it. Destruction of the natural environment continues unabated. Can we continue like this? Can we allow this to continue? What are we leaving our children?

Share
Posted in nature | Leave a comment

Hello

Welcome to the Slabber Apiculture blog!

Here I will attempt to publish news and progress reports on my beekeeping efforts and new products that I am developing. Posts of a more general nature will also appear. Feedback by means of comments will always be greatly appreciated.

Welkom by Slabber Byeboerdery webjoernaal!

Op hierdie bladsye gaan ek probeer om nuus en vordering te gee oor my werksaamhede en nuwe produkte wat ek dalk mag ontwikkel. Geskrewe mag ook verskyn wat meer algemeen is, sommer enige onderwerp waaroor ek iets wil sê. Kommentaar sal altyd waardeer word.

Share
Posted in beekeeping | Leave a comment